Tolletjiebrei iets op al die Gr.2 maats van Willem Postma se lippe!

Die Gr 2 maats het Mei maand kans gehad om te tolletjiebrei vir Lewensvaardigheid. Voorwaar was dit vir elkeen ‘n ervaring en elke gesiggie het gestraal.

So is daar gemeet en gekyk wie se tolletjiebrei is die langste. In die Gr 2E klas het Jancu Taljaard gewen, sy tolletjie was 11,9meter lank!

Ons het dit toe sommer deurgetrek na Wiskunde toe om die verskil van mm, cm en meter vir hulle te verduidelik.  Daar is toe letterlik met ‘n meetwielietjie gemeet hoe lank Jancu se tolletjiebrei was.

Wil net sê die jeug speel nie net “games” op hulle fone nie hulle kan nog tolletjiebrei!

Berig:  Almari Kritzinger Juffrou v d Gr 2E klas.

Foto verskaf:  Hetta Steyn.

Willem Postma - Tolletjiebrei
Willem Postma - Tolletjiebrei