Ons het ons jaarlikse Pretstap gehou op Naval Hill.  Ons het verskillende karakterwaardes wat ons deur die jaar by die skool toepas.  Elke graad het volgens die kleur van hulle Karakter aangetrek.

Burgerskap Pers Graad 1
Regverdigheid Oranje Graad 2
Verantwoordelikheid Groen Graad 3
Betroubaarheid Blou Graad 4
Respek Geel Graad 5
Omgee Rooi Graad 6
Geloof Wit Graad 7

Ons skenk ook ‘n deel van ons winste aan ‘n liefdadigheid

Ons probeer dit elke jaar vir ‘n instansie gee wat dit bitter nodig het.  Ons het reeds in die verlede aan Kansa en  Reddersburg kinderhuis skenkings gemaak. Hierdie jaar gaan’n deel van die wins aan Athalia.

Wie is Athalia?

Dit is ‘n versorgingstehuis vir bejaardes en gestremdes.  Daar is sowat 250 mense wat verdeel is in 15 verskillende huise,  waarvan 5 huise vir gestremdes uitgesit is.

Foto: van links is Christian Meyer, Marko Meyer en Charl van der Westhuizen.  Hulle is al drie in die groen hemde

Foto: van links Eloise van Driel, Nina Grobbelaar, Annemé Kruger, Lizanne Muller en Caroli Stapelberg.  Hulle is die 5 dogters in rooi en met die Rooi ballonne agter hulle.  Die mamma van Annemé  is Lizeth Kruger 0839259227 sy dien ook op ons BL  as julle meer wil uitvind

Willem Postma - Jaarlikse Pretstap op Naval Hill
Willem Postma - Jaarlikse Pretstap op Naval Hill
Willem Postma - Jaarlikse Pretstap op Naval Hill