“Mallewales” en “Iris” het op 28 Augustus aan die ATKV-Tienertoneel Kompetisie deelgeneem in Johannesburg by die UJ-Teater.

“Mallewales” het deurgedring na die Finaal, waar slegs 4 uit 19 skole gekies is en eindig as Naaswenners van die Johannesburg-Streekfees ATKV-Tienertoneel Finaal.

3de        Hoërskool Upington met “Kaplyn”

2de        Hoërskool Wilgerivier met “Mallewales”

1ste       Hoërskool Eldoraigne met “Vriendin”

Die punteverskil tussen die Wilgies en Eldoraigne was net 0.170.

Die akteurs:                                        Erick Lourens en Martinette Müller

Regiseurs:                                           Koos Müller, Annerine le Grange en Tanya

Schultz

“Agtergrond” Helpers:                       Paula Krüger                   Mari-Louise Lourens

Deoné Mocke                   Daniëlle Smit

Izak Steyn                           Bianca Tatar

Anne van Wyk                   Caitlin Vlok

 

Aanvanklik het 180 toneelstukke uit 9 streke ingeskryf.  Uit elke streek word 4 finaliste gekies.

Uit hierdie 36 word dan 10 toneelstukke op grond van die hoogste puntetelling gekies wat aan die Aardklop Kunstefees gaan deelneem!

Wilgerivier is nog in die “trekking” – baie sterkte vir “Mallewales”!!!

Daar wag verseker ‘n blink toekoms op die Wilgie Toneelgroepe en “Mallewales” gaan sonder twyfel vanjaar nog groot hoogtes bereik.

Foto: agter vlnr:

Annerine le Grange, Tanya Schultz, Izak Steyn, Anne van Wyk, Mari-Louise Lourens en Erick Lourens.

Voor vlnr:

Caitlin Vlok, Paula Krüger, Deoné Mocke en Martinette Müller.