Welkom Volkskool se o/13 hokkiespan het tydens die Lejweleputswa liga met St. Dominics afgereken in die semi finaal en teen Aurora te staan gekom in die finaal.

Tydens ‘n harde finaal het hulle daarin geslaag om vir Aurora te wen en deurgedring na die Noord Vrystaat uitspele.
By die uitspele het hulle 3-0 teen Vaalpark van Sasolburg gewen.

In ‘n klipharde stryd teen Jordania het hulle ongelukkig 1-0 verloor.

Die span het tweede in Noord-Vrystaat geëindig, wat ‘n uitsonderlike prestasie is.