Ryan Martin, ‘n graad 6 leerder van Welkom Volkskool, het die Vrystaat A-Span behaal met beide sy perde, Shangar & Storm Rider.

Hy gaan die Vrystaat verteenwoordig in ‘Show Jumping’ 50-60cm, ‘Show Jumping’ 70-80cm, Rykuns, Dressering (a) en Dressering (b), ‘Show Jumping Ideal Time’ en ‘Show Jumping Accumulator’. Die Nasionale Kampioenskappe is 3-6 Oktober by Kyalami in Gauteng.

Ons is baie trots op jou, Ryan.