Danie Bezuidenhout, ‘n leerder van Welkom Volkskool het Saterdag, 8 September, deelgeneem aan RS Sport se groepering skiet en ook aan die streekskiet van SA Jagters.

Hy het 1ste plek behaal in o/13 PCP Streekskiet en was ook 1ste en algehele wenner vir die groeperingskiet o/13 PCP van RS Sport met ‘n telling van 145 uit 150.