Welkom Volkskool is baie trots op Berno de Klerk wat ingesluit is in die o/13A Vrystaat Krieketspan. Dit is ‘n groot prestasie aangesien Berno nog o/12 is. Berno het skitterend gevaar op die streektoernooi en het die volgende prestasies behaal wat die Vrystaat keurders baie beïndruk het.

Hy is ‘n uitstekende kolwer en het die volgende lopies op die toernooi aangeteken: Sasolburg 58, Kroonstreek 43, Oos-Vrystaat 120 nie uit, Oos Vrystaat 65 nie uit, Suid-Vrystaat 38 en Kroonstreek 45.

Jy hou Volkies se naam hoog, Berno!