Andrew Mc Nab, ń gr.4-leerder van Welkom Volkskool, het aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap deelgeneem.

Meer as 5000 leerlinge van alle ouderdomsgroepe het hieraan deelgeneem.

Sy span het 7 wedstryde gespeel, waarvan hulle 4 uit die 7 wedstryde gewen het.

Andrew was een van 108 deelnemers wat gekies was om gelyktydig teen Levon Aronian ( 7de in die wêreld met skaak) te kon speel.

Volkies is baie trots op jou, Andrew!