Vrede Skool se 1ste netbalspan het behoorlik gewys waartoe hulle in staat is toe die span met ‘n eindtelling van 34 – 19 teen Hoërskool Paul Erasmus van Senekal geseëvier het.

Vlnr: Martheni van Zyl, Anjamé Cairncross, Ida-Mari Hatley, Elnaura Rens, Megan Rothman, Nylene Venter, Amelda Koegelenberg, Jessica van Wyk.