Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, se eerste rugbyspantrui is op ‘n spoggeleentheid onthul. Na 10 jaar speel die span weer in ‘n swart trui. Die laaste keer was in die 1997-seisoen toe Bismarck du Plessis se groep in die Hochland Auto trui uitgedraf het. Spelers is opgewonde om hierdie jaar weer in ‘n swart Sovereign motors-trui te speel. George de Kock staan links met die 1997 trui en Rudolph Coetzee regs in die Sovereign trui. #blackisback