Die eerste rugbyspan van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, het hulle pette ontvang by ‘n spoggeleentheid.

Afrigters, borge en ouers het deel uitgemaak van die gaste wat hierdie groep seuns sterkte toegewens het vir die seisoen wat voorlê.