H/S Jim Fouché se atletiekspan het hierdie seisoen baie goed presteer op die Sone Atletiekbyeenkoms en tydens die Top 20 Atletiekbyeenkoms. Tydens die Sone byeenkoms het JF 32 eerste plekke, 20 tweede plekke en 11 derde plekke behaal. Tydens die Top 20-byeenkoms het die dogterspan 3de in die spankompetisie geëindig en die dogters en seuns gesamentlik 2de in die spankompetisie. Tydens die Motheo/Xhariep-byeenkoms het JF 20 eerste plekke, 12 tweede plekke en 10 derde plekke behaal.