G’n keer aan hulle A, B, C…

Dit was wéér tyd vir die jaarlikse WOW-Spelfees en Bloues is trots om te sê dat daar 10 deelnemers was wat ons skool by die provinsiale rondte, wat op

31 Augustus 2017 by die Hoërskool Eunice plaasgevind het, verteenwoordig het.

Links van agter  – Chantal Kruger (gr. 9), Engela van der Merwe (gr. 8), Chelani Brink (gr. 8), Suné Grobler (gr. 10). Links van voor – Karla van der Westhuizen (gr. 9), Chanél Morgan (gr. 8), Mia-Marie Campher (gr. 8), Mari Potgieter (gr. 9). Afwesig – Morné le Grage (gr.8), Carla Schagen (gr.9).

Foto geneem deur John Keogh

Chanél Morgan van BlouskoolChanél Morgan, ‘n graad 8-leerder het ‘n derde plek tydens die rondte van die WOW-Spelfees behaal en dring deur na die finale rondte wat op

21 Oktober 2017 in Stellenbosch plaasvind. As Bloues staan ons bankvas agter haar en wens haar sterkte toe met die finale voorbereiding.

Foto geneem deur Aletta de Nysschen