Die sewende THEPA TRADING NETBALTOERNOOI vir streekspanne, in samewerking met VKB, het vanaf 10 – 13 Julie 2018 op Hennenman plaasgevind en nege spanne het deelgeneem. Daar was vyf spanne uit Lejweleputswa – die o/19- en o/16-Rooikatte, o/19- en o/16-Flaminke en o/19-Tigers, twee uit Oos-Vrystaat – die o/19- en o/16-Kosmosse, een o/19-span uit Xhariep Platteland en een uit Fezile Dabi – die o/19-Kiewiete.

Netbal van hoogstaande gehalte is gelewer. In die o/19-uitspeelrondtes het Xhariep Platteland met die Lejweleputswa Tiere en die Fezile Dabi Kiewiete met die Oos-Vrystaat Kosmosse afgereken om sodoende in die finaal te speel. Xhariep Platteland het as wenners van die toernooi geseëvier.

Die Fezile Dabi Kiewiete het hierdie jaar die trofee vir die aanskoulikste netbal ontvang en is ook aangewys as die span met die beste gees.

In die o/16-finaal het die Lejweleputswa Rooikatte kragte gemeet met die Lejweleputswa Flaminke. Die Rooikatte was die uiteindelike wenners van die o/16-been. Hulle was ook die o.16-span met die beste gees en het die aanskoulikste netbal gespeel.

Trofeë is ook toegeken aan die beste speler (vir die toernooi) per posisie. Die toekennings was as volg:

o/19-spanne

Doel (D)                                     Bianca Homsek (Landboudal, Jacobsdal)           Xhariep Platteland

Hulpdoel (HD)                           Emmerentia August (Edmund Rice, Welkom)      Lejweleputswa Rooikatte

Aanvallende vleuel (AV)             Kgabaneng Khoathane (Hentie Cilliers, Virginia)  Lejwelputswa Tigers

Senter (S)                                  Jakkie Cilliers (Witteberg, Bethlehem)                 Oos-Vrystaat Kosmosse

Verdedigende vleuel (VV)          Keabetsoe Ramotseca (Hoërskool Sasolburg)    Fezile Dabi Kiewiete

Hulpverdediger (HV)                   Melindie Kleynhans (Witteberg, Bethlehem)        Oos-Vrystaat Kosmosse

Hoofverdediger (V)                     Su-Mari Lues (Afrikaanse H/S, Kroonstad)          Fezile Dabi Kiewiete

Veelsydigste speler                   Colette Uys (Hoërskool Riebeeckstad)                Lejweleputswa Tigers

Beste vordering op toernooi       Selina Ntoba (Hoërskool Theunissen)                  Lejweleputswa Rooikatte

o/16-spanne

Doel (D)                                     Juane Rabie (Goudveld, Welkom)                      Lejweleputswa Rooikatte

Hulpdoel (HD)                           Chamél Els (Hentie Cilliers, Virginia)                   Lejweleputswa Rooikatte

Aanvallende vleuel (AV)             Prudence Moroenyane (Wessel Maree, Odendaalsrus) Lejweleputswa Rooikatte

Senter (S)                                  Nadine Booysen (Goudveld, Welkom)                Lejweleputswa Rooikatte

Verdedigende vleuel (VV)          Salé Opperman (Witteberg, Bethlehem)              Oos-Vrystaat Kosmosse

Hulpverdediger (HV)                   Sue-Marie Claassen (Witteberg, Bethlehem)       Oos-Vrystaat Kosmosse

Hoofverdediger (V)                     Admari van der Walt (Hoërskool Bothaville)         Lejweleputswa Flaminke

Veelsydigste speler                   Mamello Monkoe (Hentie Cilliers, Virginia)          Lejweleputswa Rooikatte

Beste vordering op toernooi       Tsholo Masisi (Sandveld, Wesselsbron)              Lejweleputswa Flaminke 

 

WENNERS VAN DIE o/19-TOERNOOI

Voor vlnr.:  Zana Cronje, Kyla Cloete, Amarante Taljaard en Nilé Smith

Agter vlnr.: Amanda Tomas (Thepa Trading), Elsa van Staden (afrigter), Bianca Homsek (kaptein),Elzé Wilke, Jacomien Bekker (onderkaptein), Iané Lavarack en Madeleine Koorzen (spanbestuurder)

 

WENNERS VAN DIE o/16-TOERNOOI

Agter vlnr.:  Amanda Tomas (Thepa Trading), Chenelle Jansen (spanbestuurder), Tabello Mabote, Charnél Els (onderkaptein), Mia Lubbe (kaptein), Juané Rabie, Jessica Masinga en Annuschke Hoops (afrigter)

Voor vlnr.: Bianca Schutte, Prudence Moroenyane, Lourencha Kleinhans, Mamello Monkoe en Nadine Booysen