Tydens die September skoolvakansie het 5 van Lettie Fouché Skool in Bloemfontein se dogter-atlete aan die SA ELSEN Landloop proewe deelgeneem op die Kovsie Kampus. Skole van al 9 provinsies het deelgeneem.

Met hierdie byeenkoms is die Landloop seisoen op ‘n hoogte punt afgesluit.

Die dogters het in goeie gees deelgeneem teen die ander skole.

Lettie Fouché Skool is baie trots op hierdie dogters!