Op 12 Maart het NVK ‘n praktiese demonstrasie oor skaapskeerdery by Lettie Fouché Skool in Bloemfontein aangebied.

Leerders kon sien hoe skeerders, Samuel en Abel, skape skeer met ‘n skaapskêr sowel as ‘n skeermasjien.

Hierdie twee bekwame skeerders het al wat ‘n leerder en onderwyser is se aandag vasgevang met die gemak waarop hul die taak verrig!

Leerders is ingelig rondom die gebruike en veiligheid van skaapwol en kon ook sien hoe wol geweef word en hoe die dames truie en ander bykomstighede brei.

‘n Spesiale woord van dank aan Izak Klopper en sy span, sowel as die Springmielie mannetjie vir die heerlike lekkergoed!