Veronique van der Walt van Sentrale Volkskool Kroonstad, het Saterdag, 7 September, aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe in Pretoria deelgeneem.

Sy het die 3km- roete in 11:22 voltooi en sodoende haar beste tyd met twee minute verbeter.

Sy eindig 79ste van 116 deelnemers.

Baie geluk, Veronique, Senties is trots op jou!