SENTRAAL  MUSIEKAKADEMIE-ENSEMBLE PRESTEER TYDENS die UNIVERSITEIT van STELLENBOSCH NASIONALE ENSEMBLE-KOMPETISIE

Tydens die afgelope vakansie het die Tralies van die Musiekakademie deelgeneem aan die Nasionale Ensemble-kompetisie wat deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied word.

Die kompetisie is besonder uitdagend aangesien meer as 40 minute se musiek aangebied moet word oor twee rondtes. Die Tralies het weggestap met die kategorie-prys vir ligte musiek van R6 000, en `n tweede plek in die klassieke musiek-kategorie.

Hierdie groep leerders word deur Hans Potgieter afgerig. Hy verwerk ook die musiek vir die ensemble om elke speler se vaardigheid en talent ten toon te stel.

Die Bloemfonteinse publiek sal die geleentheid kry om hierdie ensemble te hoor tydens die Sentraal Musiekakademie se afsluitingsfunksie op 15 November in die Eeufeessentrum van die Hoërskool Sentraal. Die verrigtinge begin om 18:00 en toegang is gratis.

Op die meegaande foto verskyn voor v.l.n.r:

Enric Smith, Comien van Niekerk, Esté Erasmus, Pieter Joubert, Joas Erasmus en Handré Venter.

Agter v.l.n.r:

Christine Human, Maria Yazbek, Emmeré Barnard, Christel Pienaar, Jan-Albert Mostert, Saughrette Du Toit, Hanno Strauss, Danielle Ceronio, Lalla Du Plessis en Carlyle Stewart.