Die o/9 A-rugbyspan wen vanjaar se liga!  Hulle teken 291 punte aan met slegs 22 punte teen hulle.  Die span het aanskoulike rugby gespeel!  Baie geluk aan die spelers en hulle afrigters, menere Fanie van der Merwe en Wynand Erasmus.
Agter vlnr:  Mnre. Wynand Erasmus en Fanie van der Merwe (afrigters). Hardus Venter, SJ Naude, DJ van Vuuren, HJ Pelster, John Stadler, Wessel Bibbey, Christiaan van Rooyen en MJ Hattingh.
Voor vlnr:   Carydon Bibbey, Phaladi Matsole, Marnus Graaff, Wessel Hattingh, WD Koekemoer, DP Erasmus, Heinrich Ras en JG Madern.

Die o/11 A-rugbyspan

Die o/11 A-rugbyspan het ook vanjaar die liga met gemak gewen!  Hulle teken 288 punte aan (47 drieë) en slegs 24 punte teen hulle in die sewe ligawedstryde.  Hulle totale punte aangeteken vir die jaar staan op 541, terwyl slegs 36 teen hulle aangeteken word.  Baie geluk aan hierdie manne en hulle afrigter, meneer Piet Rautenbach!  Julle is ysters!  Ons is BAIE trots
op julle!

Agter vlnr:    Frikkie Pretorius, Rohan de Beer, JD van den Berg, Rikus Ras, Pedri Graaff, Wian Muller, Marx van                                                Wyk, Arnold Ras en HG Muller.
Middel vlnr: Danny Claasen, Clements van Tonder, Renier van Niekerk, Daon Muller, Tlhompo Motsapi, Gertin Terblanche,                              Hanru Müller en Roelf de Waal.
Voor vlnr:      Mnr. JJ Dekker, Evert Kleynhans, Tshwanelo Rametse, Ernst Richter en mnr. Piet Rautenbach.

Griffons o/13

Kani Moshe en Boka Mofokeng is ingesluit in die Griffons o/13-Cravenweek Rugbyspan wat vanjaar in Bloemfontein plaasvind.

Griffons o/13

Cilliers Müller is deel van die Griffons XV-tal Rugbyspan wat vanjaar in Sasolburg plaasvind.