Die Afrikaanse Hoërskool van Kroonstad het uitstekend gevaar tydens die Fezile Dabi

Atletiekkampioenskappe op 14 en 15 Februarie te Sasolburg. Hulle het 30 Goue, 17 silwer

en 15 brons medaljes ontvang

Rooies eindig algeheel 2e naas Sasol Hoër wat die 1ste plek ingeneem het.

Rooies het ook 4 atlete wat onder die Top 50 prestasies geval het.

Rooiskool is trots op sy atlete en hul harde werk!! #TROTSROOI