Vyf leerders van Afrikaanse Hoërskool in Kroonstad, het gedurende die jaar gekwalifiseer vir hul Vrystaat-kleure in boogskiet. Die finale vereiste is dat hulle sal deelneem aan die Nasionale NASP-toernooi op 3 Oktober waartydens hulle die Vrystaat sal
verteenwoordig in Rustenburg.

Sestien kinders per provinsie is gekies om dan hul provinsie te verteenwoordig in die Bullseye-kompetisie.
Die grootste getal kinders in die Vrystaatspan kom uit Rooies – dit is ‘n besondere prestasie!

Op die foto verskyn Evon Botha, Abrie Visagie, Madaleen van Dalen, Henru Heymans en Nathan Flemix.

Werner Nel (2de van regs) is saam die ander 5 in die 3D skolespan ingesluit.