Ruan Thompson van Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (foto bo), het onlangs aan die Vrystaat Geslote Muurbalkampioenskappe deelgeneem.

Hy het bo verwagting die no. 1-speler in die Vrystaat verslaan met 3 – 2 en daarna in die finaal van die o/16’s teen Dale Fletcher verloor. Ruan is nou die nommer 2-gekeurde speler in die Vrystaat! Met dié vertoning is hy verkies om die Vrystaat tydens die Internasionale toernooi te Oos- London te verteenwoordig.

Rooiskool is geweldig trots op jou, Ruan!