Ons Hemelse Vader was weereens vir Rooiskool baie goed.  Rooiskool se personeel, leerlinge en ouers het een groot gemeenskaplike poging aangewend om van die matriekuistlae ‘n sukses te maak.  Elke leerder se prestasie was groot in sy /haar eie oë; of dit was om deur te kom of ‘n handvol onderskeidings te behaal of om Baccalaureusvrystelling te kry – Rooies is TROTS op julle!.

Enige leerder kan met vrymoedigheid sy/haar hoërskoolloopbaan by Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad begin en voltooi het. Rooies was en is nog altyd een van die toonaangewende skole in die Vrystaat.

Rooiskool het ‘n slaagsyfer van 98.68% behaal, – slegs een kandidaat het nie geslaag  nie. 33 Van 76 leerlinge  behaal  Baccaleureusvrystelling. 42 Leerders het vrystelling vir Diplomastudies behaal.

 

Rooies se top 5 het as volg presteer

Lurika de Jager het 8 onderskeidings (Afr HL, Eng FA, Wisk, LO, Fis Wet, L Wet, Gasvry, Alpha Wisk)

Carli van Tonder behaal 7 onderskeidings.(Afr HL, Eng FA , LO , Besigheid, Rek, CAT, Drama.)

Anna-Marie Behrens behaal 6 onderskeidings(Eng FA, Wisk, LO, Fis Wet, L Wet, Rek)

Eileen Kleynhans behaal 5 onderskeidings.(Afr HL, LO, Fis Wet, L Wet, Rek)

Merlin Fourie en Jesse Jansen van Vuuren behaal elk 4 onderskeidings.

Hanri Hendriks, Wilri Jacobs, Zoë Kriel, Mia van Oudtshoorn elk 3 onderskeidings.

Juvan Beyers, Wicus Buitendach, WJ Oosthuizen, Julani Smit, Sané Stoman behaal elk 2 onderskeidings.

21 leerders het elk 1 onderskeiding behaal.

 

Ons is besonder trots op ons top 5 leerders wat vanaf graad 8 tot graad 12 die top presteerders in hulle graad was!