Baie geluk aan Primêre Skool Jordania se o/13A Sewe-aan-‘n-kant Krieketspan. Hulle het die afgelope naweek Jordania se Sewe-aan-‘n-kant Kriekettoernooi gewen teen skole soos Naudeville van Welkom, Fichardtpark van Bloemfontein, Vaalpark van Sasolburg, Truida Kestell, Vrede, Universitas Bloemfontein, Senekal, Pres. Brand Bloemfontein en Futurum Akademie.

Dankie aan almal wat hierdie toernooi kom ondersteun het.

Agter vlnr: Nico Jansen van Rensburg, Tertius Loubser, Stephan Geldenhuis en Johan Coetzee

Voor: vlnr: Samkelo Lephoto, André du Preez, Johan Vorster en Marco Nel