Primêre Skool Jordania in Bethlehem se Rugbytoernooi was vir die vyfde keer ‘n groot sukses. Ses skole, waaronder Primêre Skool Jordania, Laerskool Standerton, Laerskool Universitas, Laerskool Fichardtpark en Primêre Skool Vaalpark het deelgeneem.

Altesaam 240 seuns van regoor die land het die toernooi baie geniet. Na ‘n suksesvolle rugbytoernooi lyk die uitslae soos volg:

o/11’s

Derde plek: Primêre Skool Jordania
Tweede plek: Laerskool Standerton
Eerste plek: Laerskool Universitas

o/13’s

Derde plek: Laerskool Fichardtpark
Tweede plek: Primêre Skool Vaalpark
Eerste plek: Primêre Skool Jordania

Op die foto’s: (Die skool met die blou strepiesop hul truie) Jordania se o/11A Span
(Die maroon truie) Standerton se o/11A Span,
(Die helder rooi truie) Universitas (Bloemfontein) se o/11A Span
(Die ligte blou span) Fichardtpark (Bloemfontein) se o/13A Span
(Die groen truie) Vaalpark (Sasolburg) se o/13A

Foto bo: Jordania se o/13A Span:

Voor vlnr: Erich Prinsloo, DF Theron, Ruan Pretorius en Sybrand Brink

Middel vlnr: AJ Myburgh, Kamahelo Moses, Handré Fourie, Johann Viljoen, Eric Cilliers, Jeandré Nell, Christiaan de Boer, MC Smith en FJ Venter

Agter vlnr: Juan Truter (afrigter), Marco Grobbelaar, Llewellyn Beukes, Jacques van der Merwe, Riaan Roos (kaptein), Luka Masut, Jurie Wessels, Pieter Roos (hulp afrigter), Johan Vorster en Naulin du Plooy

Baie geluk aan al die spanne en dankie vir jul deelname!