5 Lede van Bethlehem Karate Klub het die afgelope naweek vir die Vrystaat Span aan die KSA Nationale Ontwikkelings Kampioenskappe te Durban Universiteit van Tegnologie deelgeneem.

Die kompetisie was spesiaal gefokus op ontwikkelings atlete. Karatekas van regoor die land het deelgeneem. Hulle het weereens bewys dat hul karate-opleiding van hoogstaande gehalte is.

Ondanks moeilike omstandighede en strawwe kompetisie het hulle hul uiters goed van hulle taak gekwyt!

Hulle het deelgeneem in die Kata afdeling in ouderdomsgroep en in die Kumite afdeling in ouderdom en gewigsgroep.

Louis Lategan van Jordania het Silver vir Kata : Seuns Kata 12/13 jaar behaal.

Foto: Louis Lategan