Primêre Skool Jordania in Bethlehem se 1ste dogters hokkiespan het deur die seisoen puik gevaar.  Die span is as die Oos-Vrystaat ligawenners, Noord-Vrystaat ligawenners en Super 8 kampioene gekroon.  Tydens die Kampioen van kampioene toernooi, waar die beste spanne van al die sentrale en noordelike provinsies deelneem, behaal hulle ‘n 3de plek.  Hulle het deur die seisoen 17 wedstryde gespeel, 15 gewen en slegs 2 verloor.  Verder het die span 65 doele aangeteken en slegs 5 doele afgestaan.

Agter vlnr:  Petra-Daniel Steynman, Heili Pretorius, Ané Beneke, Ivé van der Westhuizen, Laurette Cilliers, Qeurida Afrika, Andrea Steynberg

Voor vlnr: Andries Vorster (hulp afrigter), Alyssa Roux, Amy Kleynhans, Evané du Toit, Erika Knobel (hoof afrigter), Carissa Tredoux, Bernice Cilliers