Tydens die o/13 – Interprovinsiale pluimbaltoernooi te Kaapstad op 7 tot 14 Julie 2018, het die Vrystaatspan tweede geëindig.

Cobus Wilken en Niel Wilken ontvang, saam met die res van die span, silwer medaljes. Cobus en Niel speel ook in die dubbelspel van die seuns o/11–kampioenskappe en vorder tot in die finaal waar hulle teen die nommer 1 gekeurdes verloor.

Hier ontvang hulle elkeen ook ‘n silwer medalje. Tydens die o/11 enkelspel word Cobus in die kwarteindrondte uitgeskakel, terwyl Niel tot die semi-finaal vorder en teen die nommer een gekeurde speler verloor.

Na afloop van die Kampioenskappe en interprovinsiale toernooi word alle deelnemers se vertonings beoordeel en word ‘n nasionale ranglys saamgestel vir die verskillende ouderdomsgroepe. In die o/11–afdeling word Cobus derde en Niel tweede in Suid-Afrika geplaas.

Baie geluk. Primêre Skool Jim Fouché is baie trots op julle!

VLNR: Cobus Wilken, Niel Wilken