By die Suid-Afrikaanse Ope Judo Kampioenskappe te Port Elizabeth het Renize Els van Primêre Skool Jim Fouché, ‘n brons medalje vir individuele deelname en Gouws Veldtsman ‘n brons medalje vir individuele deelname ontvang.

In die Kata afdeling: Kime–No–Kata ontvang Gouws en Anneke Veldtsman ‘n silwer medalje.
In die Katame–No–Kata het Gouws en Anneke beide brons medaljes ontvang.

Baie geluk aan die leerders van die Primêre Skool Jim Fouché, ons is trots op julle.

Vlnr: Renize Els, Anneke Veldtsman, Gouws Veldtsman