Hennenman Primêr het Vrydag 27 Julie 2018 deelgeneem aan die semi-finaal en finaal van die Astronomy Quiz kompetisie wat deur SAASTA aangebied word. Die Vrystaat Dept van Onderwys het ook ‘n groot rol gespeel in die aanbied van die kompetisie.

Hennenman Primêr wen die semi-finaal om sodoende deur te gaan na die finale rondte en wen ook die rondte en word as die Vrystaat Kampioene gekroon. Die span neem van 1 – 3 Oktober 2018 deel aan die Nasionale rondte waar hulle teen die wenners van die ander provinsies te staan gaan kom. Dit is die derde keer dat Hennenman Primêr as die Vrystaat wenners uit die stryd tree.

Op die foto bo v.l.n.r.:  Veronique du Plooy, Lynné van Wyk, Mev H v Eeden, Katleho Motingoe, Theuns Delport