Die seniorkoor van Primêre Meisieskool is aangewys as die wenners in die mikrokoor (kleiner skole) afdeling van Sing in Harmonie.

Hulle is algeheel tweede, met slegs 0.7% minder as die wenners! Hulle wen ook die kykerskeuse en ‘n R50 000 musiekvideo opname wat op KykNet uitgesaai gaan word.

Hulle is ook uitgenooi om saam met Nadine by haar jaarlikse kerskonsert te sing!!

Baie geluk, meisies!