Vlnr: Lika Claassens, Ellé Cloete en Elri Cloete

Daar is net geen keer aan dié babbelende Eende in Grendeltyd!

Die volgende Eende wat in April aan die Oppie Tong Af Redenaarskompetisie deelgeneem het, dring deur na die Nasionale Finaal op 1 en 2 Oktober te Midstream Ridge Laerskool, Olifantsfontein.

Dié drie Eende gaan in beide die Afrikaanse- en Engelse Redenaarsafdelings deelneem.

Oranje is baie trots op dié Eende se puik prestasie.

Gr. 3
Lika Claassens

Gr. 4
Ellé Cloete

Gr. 6
Elri Cloete