Die afgelope naweek het 25 van  dogters van die Primêre Meisieskool Oranje,  die Suid-Vrystaat atletiekspan verteenwoordig by die Vrystaat Kampioenskap.  Oranje verower die o.11-, o.12-, en o.13 ouderdomstrofees.

Baie geluk ook aan die volgende dogters wat verkies is tot die Vrystaatspan wat vanaf 15 tot 17 Maart 2018 aan die SA’s gaan deelneem.

Hulle is op die foto bo:

Agter links na regs; Carlé Stockenström, Charné Wansbury, Lize-Marie Janse van Rensburg, Roline Louw en Cara Smith.

Voor links na regs; Xylia Choene, Jessica Barnard, Amy Fröhlich en Marianne Louw

Die Eentjies is baie trots op hul atlete se prestasies!