Palesa Tsoeu, ‘n  graad 12 leerder van die Hoërskool Kroonstad het vroeër vanjaar aansoek gedoen by Tshwane Universiteit van Tegnologie om volgende jaar Dramatiese Kunste te gaan studeer. Palesa is uitgenooi om in Pretoria  ‘n oudisie te gaan aflê. Palesa het geen vorige dramaopleiding , maar toon besonderse talent en het Mev le Roux genader om behulpsaam te wees met die afronding vir haar oudisie.

Sy het Vrydag 21 Augustus die oudisie geslaag en as ‘n student 2016 aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie toegelaat. Hoerskool Kroonstad wens haar alle voorspoed en sukses toe.

Op foto is Mev. Le Roux wat haar gehelp het en Palesa Tsoeu