Vanaf 30 Maart tot 2 April het Oranje Primêr, danksy die ONGELOOFLIKE borgskap van Hestony Vervoer, ons eerste netbalkliniek en -toernooi aangebied. 

OMS NETBALKLINIEK EN -TOERNOOI

Die kliniek is gelei deur oud-Protea speelster, Patrys van der Merwe en 120 dogters het die kliniek bygewoon. In die middae het die netbaltoernooi plaasgevind en het daar onderskeidelik 5 spanne aan die o.12-toernooi en 6 spanne aan die o.13-toernooi deelgeneem.  PBS het die o.13-toernooi en Fichardtpark laer het die o.12-toernooi gewen.

OMS NETBALKLINIEK EN -TOERNOOI