Op 15 September open Hoërskool Kroonstad hulle perdry arena. In samewerking met Hoofprint Perdryklub in Kroonstad het die skool ‘n perdry arena ontwikkel.

Die arena is groot genoeg om verskeie perdry dissiplines te beoefen. Dit word in die vooruitsig gestel om Western Mounted Games, Gymkana asook boogskiet op die baan te doen. Die fasiliteite word so ingerig dat daar in die toekoms alle perdry sporte hier beoefen sal word.

Tydens die openingsgeleentheid op 15 September word die Vrystaat Western Mounted Games se distrikskompetisie by die nuwe arena aangebied. Ruiters van verskillende distrikte sal teen mekaar meeding en op die einde ‘n distrikswenner kroon.

Die dag beloof om baie vermaak te bied en die ruiters onderneem om te beïndruk met hul perdry-vaardighede. Daar sal ook kosstalletjies wees.

Die aand word afgesluit met ‘n lekker dans en bring en braai. Alle belangstellendes is welkom om die dag en aand saam te kom geniet.

(Foto bo): Nuwe Perdry Arena: Plaaspersoneel Joseph Jawu en Andries Semanamana staan hier by twee van Blouskool se perde.

(Foto links): Western Mounted Games is een van die sporte wat by die nuwe perdry arena aangebied gaan word. Hier is Nicola Lategan ‘n leerder van Blouskool in aksie.