Marizanne Delport, graad 12-leerder van Hoërskool Hennenman, het tydens die Nasionale Rekeningkunde-olimpiade, aangebied deur The South African Institute of Chartered Accountants en Sage One, skitterend presteer.

Sy het ‘n algehele derde plek in die Vrystaat met 86% behaal. Die foto bo is geneem tydens die prysuitdeling.

Op die foto, v.l.n.r. is Daniel Claassen van Grey College (1ste plek – 91%), Godfrey Legwale (Project Manager SAICA Transformation and Growth), Marizanne Delport (3de – 86%) en Rinus Booysen van Grey College (3de – 86%). Thabiso Letlala van Kgola-Thuto (2de – 90%) was nie teenwoordig tydens die neem van die foto nie.