@ Love to Create Kids is ‘n Afrikaans medium kleuterskool in LangenhovenPark. Ons bied 2 voedsame etes, 1xpw kindermusiek, 2-3 playtime (motoriese ontwikkeling), 1xpw emosionele intelligensie lessies ontwikkel deur Rinda Blom en Mindful Minis, 2weeklikse Bak & Brou, 2weeklikse eksperimente, gebruik daagliks Mind Moves oefeninge, 1xpw skeppend wat gepaardgaan met die weeklikse tema, ons reel uitstappies om dit wat ons in die kleuterskool leer vir die kinders te ontsluit asook individuele kontaksessies met die 5-jariges tov die gereedmaak vir Gr R, alles net vir R1950 pm voldag. Ons leuse is “We don’t teach, we create and inspire.” Ons huisves 18-20 kleuters met 4 gekwalifiseerde personeel en ons het ‘n arbeidsterapeut, spraakterapeut, kinderkinetikus, dieetkundige, spelterapeut wat ons in ‘n raadgewende hoedanigheid behulpsaam is. Kontak Diane la Grange by 0827371116.

Ons bedryf ook @ Love to Create Studio wat produkte bemark wat taalontwikkeling, kreatiwiteit en luistervaardighede ontwikkel en @ Love to Create Training bied opleiding aan assistent en onderwyseresse om hulself te kwalifiseer met ‘n ECD kwalifikasie, want volgens Wet moet alle personeel wat met voorskoolse kinders werk, gekwalifiseerd wees vanaf 2019. @ Love to Create Reading is nog in die ontwikkelingsfase. @ Love to Create IS JOU EENSTOP IN KINDERONTWIKKELING! Igna du Plessis Janka Nagel Rozanne Raath Emmerentia Aldrich Sonelle Van Der Linde