Die prysuitdeling van Lettie Fouché Skool in Bloemfontein, wat plaasgevind het op 31 Oktober , was ‘n groot sukses. Leerders het verskeie prestasies verwerf wat wissel van Blootstelling aan Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede in die Junior- en Senior fase tot Handvaardighede in die Arbeidsgerigte fase. Sportprestasies was o.a. deelname aan Winterspele, Somerspele, Swem, Netbal, Atletiek, Sokker en Sagtebal.

Die koor het hierdie jaar baie mooi uitgeblink en het ‘n A+ verwerf by die kunswedstryd in Sasolburg. Daar is ook spesiale toekennings oorhandig aan skoolverlaters en buitengewone prestasies vir die veelsydige leerders. Baie geluk aan elke leerder wat ‘n toekenning ontvang het.

Foto bo: Hierdie leerder ontvang ‘n sertifikaat as Skoolverlater. Hy was by Lettie Fouché vanaf 2010. Lettie Fouché is baie trots op almal wat hierdie jaar die skool verlaat en wens hulle net die beste toe vir die toekoms.