Op 2 April is Wêreld Outismedag gevier. Lettie Fouché-skool in Bloemfontein se personeel het nie een oomblik terug gestaan om hul passie vir Outisme in blou uit te beeld nie.

“Kinders met Outisme lê ons baie na aan die hart en dit is vir ons ‘n droom om ‘n verskil te maak in hierdie kinders en hulle families se lewens.

Ons streef daarna om ondersteuning aan elke leerder te bied wat hulle in staat stel om optimaal te kan funksioneer en aan hul unieke behoeftes te voorsien dat skool ook vir hulle ‘n plek kan wees waar hulle tot hul volle potensiaal kan ontwikkel.”

My WISH IS FOR ACCEPTANCE en dat elke onderwyser in Suid-Afrika hom/haarself sal bekwaam en bemagtig om outistiese kinders/ leerders in hul klasse en skole te ondersteun.