Op Vrydag, 19 Oktober, het 9 van Lettie Fouché Skool in Bloemfontein se swemmers aan die Vrystaat LSOB Swemkampioenskappe deelgeneem.  Die gala het by Rosenhof Skool plaasgevind en LSOB skole van reg oor die Vrystaat het deelgeneem.  Lettie Fouché Skool se  swemmers het baie goed gevaar en het gesamentlik 2 goue-, 3 silwer- en 8 brons medaljes verower.