Hierdie jaar het Lettie Fouché Skool in Bloemfontein weer ‘n treffer van ‘n Kersspel aangebied. Dit was die Arbeids Fase se beurt om vanjaar die gaste te beïndruk.

Die tema van die Kersspel was ‘n vasvra-kompetisie tussen twee spanne wat mekaar probeer vasvra het oor gebeure rondom die geboorte van Jesus.

Dankie aan al die onderwysers en leerders wat ure spandeer het om almal op hulle plek te kry. Dit word raakgesien en baie waardeer.

Ons sien uit na volgende jaar se Kersspel wat deur die Middel Fase gaan aangebied sal word.