Lettie Fouché Skool het Vrydag 18 Januarie hul jaarlikse Kleure Atletiek gehad. Die leerders het met baie gees en glimlaggies by die baan opgedaag.

Die dag het baie goed verloop en elke leerder het tot hul beste van hul vermoë presteer.

Ons is trots op elke leerder wat deelgeneem het.

Dankie aan elke personeellid wat gehelp het om die leerders te bemoedig en selfs saam te hardloop.