Lettie Fouché-skool was uitgenooi om kuns-items uit te stal by die Thari Programme se First Bi-annual Conference by Kopano Nokeng op Vrydag., 6 September.

Die Thari program vorm deel van die Cyril Ramaphosa Foundation wat gestig is in April 2017 ten bate van geweld teen vroue en kinders in skole en gemeenskappe.

Die leerders se kunswerke het vele waardering geniet en groot belangstelling is getoon.