Hierdie kwartaal het Lettie Fouché Skool se leerders die kwartaal se Bak en Brou afgesluit met die Kersfees tema.

Elke leerder het die geleentheid gehad om sy eie kersboom koekie te versier.

Die kinders het dit baie geniet en het weer bewus geraak van Jesus se geboorte wat eersdaags gevier gaan word.

Dankie aan Vrystaat Nasorg Sentrum wat die koekies gebak het vir die leerders.