Op 1 Februarie het Lettie Fouché Skool in Bloemfontein hul jaarlikse junior atletiek byeenkoms gehou. Meer as 120 kleuters met verskeie gestremdhede het as ware wenners oor die wenstreep getree!

Die verskeie items was onder andere hardloop,kruip, olstoel,downsindroom en ‘n hindernis baan. Die spesiaalste oomblik was toe die ouers saam met hul kinders ‘n wedloop voltooi het – elkeen so trots!

Na afloop van die verrigtinge was daar heerlike verversings en elke leerder het weggestap met ‘n besondere medalje.

‘n Groot woord van dank aan elke ouer wat die dag saam kon geniet en dan natuurlik aan ons besondere personeel en assistente vir al hul liefde en reëlings om die atletiekbyeenkoms werklik “special” te maak.

En ons sterre van die dag – julle is Jesus se oogappels!