Lettie Fouché Skool in Bloemfontein se dogters in die Arbeidsfase word onderskeidelik aan naaldwerk, brei en kookkuns blootgestel. Die doel van hierdie klasse is om die leerders die nodige tegnieke aan te leer.

Leerders kry kwartaallikse projekte om aan te werk waartydens hulle ook die produkte kan verkoop. Hierdie bevorder hulle intrepreneursvaardighede.

Projekte wat die dogters al aangepak het:

• Beskuit verkope by die skool.
• Pannekoek verkope op bestellings.
• Voorskote maak
• Kussings vir versiering.