“Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd” – Totsiens Juffrou Reinette.

Na 17 goue jare by Lettie Fouché Skool neem ons afskeid van Mev. Reinette Steyn. In Desember 2001 verlaat sy Du Toitspan Skool in Kimberley en sluit sy in Januarie 2002 aan by ons baie unieke span en spesiale kinders.

Sy begin in Groep 5 (10-11 jariges) en word in April 2012 bevorder tot Departements Hoof.

Ons sal haar onthou as ‘n regte raakvatter. Iemand met integriteit – betroubaar, lojaal en perfeksionisties in haar werk. Sowaar ‘n BAKGAT juffrou!

Dankie vir jou onbaatsugtige liefde, geduld en die uitsonderlike manier waarop jy met ons kinders gewerk het. Jy laat diep spore agter.

Geniet jou welverdiende rus!