Die volgende leerders het merietetoekennings tydens Hoërskool Hennenman se jaarlikse prysuitdeling ontvang:

v.l.n.r.: Delmari Hoffman (LJ Theron Veelsydigheidsbeker en Dr Bakkies du Plessis Wisseltrofee vir Veelsydigste Sportvrou), Giuseppe Olevano (Dr Bakkies Wisseltrofee vir Veelsydigste Sportman), Lara Badenhorst (Kultuurtrofee) en Rolene Greeff (Abraham Theron Verdienstelikheidsbeker en ABSA BANK Trofee vir Akademiese Dux)