Christine Naude en Jana Coetzee 2 Gr. 8 leerders van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die afgelope naweek deelgeneem aan die Saalperd Kampioenskappe te Bloemfontein

Christine Naude,  is met die prysuitdeling,  aangewys as die Junior Ruiter wat die tweede meeste punte behaal het tydens die 2017 SA Kampioenskappe!
Die jaar: 2018, het sy deelgeneem aan die Kampioen van Kampioene, ‘n baie gesogte ruiterkuns kompetisie. Sy is aangewys as SA reserwe kampioen in 3gang en 6de in 5gang.
Sy het ook ‘n SA kampioenskap ingepalm, twee Reserwe SA Kampioenskappe. Verder het sy drie 5de plekke en twee 6de plekke gekry. ‘n Puik prestasie op nasionale vlak. Sy word afgerig deur Glenda Koen.

Jana Coetzee wen die SA Parkperd Kampioenskap vir ruiters 14 jaar en onder. Sy ry daarna in die SA Groot Parkperd Kampioenskappe vir ruiters 18 jaar en onder en behaal ‘n 3de plek.